Produkte en Dienste
Meer oor ons
Kontak Ons
Foto Galery
Aanlyn Bestel Vorm

By Bertinasvlei boer ons Intensief met Dormerskape. Rooibos-boerdery produseer vleis van organiese gehalte (Organic) en lewer direk aan die publiek. (Lamsvleis verhandel tans teen R110 per kg (BTW uitgesluit) 

Ons diere is vrylopend (Free Range) want ons glo daarin om eerlik te boer - respekvol teenoor God en die natuur.

Rooibos-boerdery bestaan reeds vanaf 2009 en is gesetel op die Plaas Bertinasvlei digby die Wilgespruit in die skilderagtige Oos-Vrystaat. Hier bly, boer en leer ons sy aan sy, ek en my eggenoot Izak Venter - boer, mentor en argitek.

Die plaas se hoofaktiwiteit is eintlik die Bonsmarastoet, wat Izak met passie bedryf. Sy voorliefde vir die beesras het reeds op `n baie jong ouderdom begin toe hy as jongseun sy naweke en vakansies op hul bosveldplaas deurgebring het en sy pa, wyle Dr Izak Venter, se elke beweging dopgehou en nageboots het.

Die skaapboerdery het sy ontstaan te danke aan my ontmoeting met die enigmatiese Dr Karin Wessels van Mamre Dormers. Buurvrou, boervrou, bewese filantroop. Met eerste kennismaking weet mens reeds dat haar liefde vir die diere enige ander aspek van die boerdery oorskadu. My belangstelling het dadelik posgevat en so het ek toe met ses Mamre ooie begin, en Rooibos spog vandag met kommersiële sowel as stoetdiere. Die crux van die boerdery is die Mamre-projekplan wat daarvoor sorg dat die harmonie tussen dier en natuur bestuur word.  

Gebruik gerus hierdie aanlyn vorm om ons van u voorkeure tov die sny en verpakking van u lam te vertel indien u so sou verkies.

  Please complete the fields below:
     
  Naam/Name:
  Epos/Email:
  Address:
  Tel:
     
  Hoeveelheid Lam/ Quantity Lamb :
 
  Can we decide how to package your Lamb?:
     
  Yes
  No(I will complete the details below)
   
  Hoeveel tjops per pakkie / Quantity chops per packet ?:
 
  Any comments and/or suggestions / Enige ander kommentaar en voorstelle :
   
Terug Terug na bo